

ADVERTISEMENT:

News Date: 25 August 2017
‘n Finale verhoordatum is steeds nie vasgestel vir die drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n minderjarige seun aangerand het nie.
Die drie mans van Louis Trichardt het verlede Donderdag, 17 Augustus, weer in die plaaslike distrikshof verskyn. Hulle word van aanranding aangekla, ná ‘n voorval by die Rugbylapa in Louis Trichardt op 6 Januarie vanjaar.
Een van die mans sou glo die 16-jarige seun daarvan beskuldig het dat hy ‘n verhouding met sy vrou gehad het. ‘n Woordewisseling het ontstaan en die seun het probeer wegkom. Hy het klaarblyklik kort ná dié onderonsie gestruikel en op ‘n skerp stok geval, wat deur sy ribbekas gesteek het. Die seun moes vir ‘n geruime tyd gehospitaliseer word ná die insident.
Die drie mans het Vrydag net vlugtig in die hof verskyn, waarna hulle saak uitgestel is tot 22 September. Ná verwagting sal daar dan ‘n verhoordatum vasgestel word, sodat die saak afgehandel kan word.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
