

ADVERTISEMENT:

Hoërskool Louis Trichardt se toneelgeselskap het 'n derde plek opgeraap by die ATKV-tienertoneelfees se streeksrondte in Pretoria. Foto verskaf.
News Date: 27 August 2017
Hoërskool Louis Trichardt se toneelgroep het besonder goed presteer tydens die ATKV se streek tienertoneelfees wat in Pretoria aangebied is vanaf 16 tot 19 Augustus.
Hulle nuwe toneelstuk, Van Collerspas is stil vanaand, het ‘n algehele derde plek behaal.
Die spelers van die stuk het weggestap met verskeie top individuele toekennings. Danika Malan (vir haar rol as Lisa) wen ‘n goue toekenning en nog ‘n silwer toekenning vir ensemble werk. Verhoogbestuurder Wilné Kotzé ontvang ook ‘n goue toekenning.
Skrywer en regisseur van die stuk Marcel van Niekerk ontvang ‘n goue toekenning vir choreografie, silwer vir nuutgeskrewe teks en ‘n brons toekenning vir regie.
Die stuk ontvang nog vier goue toekennings vir stelontwerp, klankbaan, dekor en beligtingsontwerp. Vir die hantering van tegniese aspekte en kostuums wen die stuk silwer en vir produksiewerk ‘n brons toekenning.
Leandri Muller (rol van Lara) en Xander Venter (rol van Brummer) ontvang beide silwer toekennings vir hul ensemblewerk en Leandri nog ‘n brons toekenning vir haar toneelspel.
Die toneelstuk spreek nie net onwettige aborsies aan nie, maar ook tienerseks en –swangerskap. Albei die hoofkarakters, Lisa en Brummer, worstel ewe skielik met grootmensvrae waarvoor hulle hopeloos onvoorbereid is. Elkeen het eie bagasie wat hulle saamdra en hulle toekomsbesluite vorm, insluitend dié van hulle ongebore baba, Lara. (Lees meer oor die stuk hier).
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
