ADVERTISEMENT:

 

Die polisiehuis in Rissikstraat wat verlede week verwoes is in 'n brand.

Polisie krap nog kop oor oorsaak van brand

 

News  Date: 31 August 2017

 

Die polisie in Louis Trichardt krap steeds kop oor wat presies gebeur het dat een van hul plaaslike polisiekwartiere verlede week afgebrand het.

‘n Brand het die huis in Rissikstraat verlede Vrydag, 25 Augustus, in puin gelê.

Twee polisiebeamptes wat in die huis bly het ongeveer 02:00 wakker geskrik toe hulle begin stik het van digte rookwolke. Die huis was toe al glo in vlamme gehul.

Een van die polisiebeamptes het ligte brandwonde opgedoen toe hy probeer het om die vuur te blus. Die plaaslike brandweer is vinnig ontbied om te help om die vlamme onder beheer te kry, maar dit was te laat. Beide die polisiebeamptes het al hul persoonlike besittings in die brand verloor.

Een lid se privaatvoertuig is ook verwoes in die brand. Die bakkie was naby die huis geparkeer en kon nie betyds buite bereik van die vlamme geskuif word nie.  

Die huis was hierdie week nog afgesper terwyl die polisie hulle ondersoek afhandel. “Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Die ondersoek duur voort,” het plaaslike polisiewoordvoerder konst. Irene Radzilani gesê.

 

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines