ADVERTISEMENT:

 

Rypskade in Soutpansberg gaan groentetekort veroorsaak

 

News  Date: 30 June 2006

 

‘n Tekort aan verskeie groentesoorte is op hande, weens ernstige rypskade wat die afgelope paar weke oor groot dele van die Bosveld voorgekom het. Die area word normaalweg as die “Kosmandjie van die Noorde” beskou en verskaf groente op tye wanneer ander gebiede nie kan produseer nie.

Rypskade van derduisende rande is aan groente-oeste in die Waterpoort, Mara, Vivo- en Dendron-omgewings veroorsaak. Skade is veral aan aartappeloeste veroorsaak, terwyl tamatie-, uie-, spanspek- en suikermielie-aanplantings ook ernstig deurgeloop het. ‘n Aartappeltekort word vir September voorspel.

Groot verliese is vir produsente veroorsaak deur die onverwagte rypneerslae. Ryp het laas in 2000 daar voorgekom. Vroeër vanjaar het dieselfde gebied deurgeloop onder ernstige windskade.

Die voorsitter van die Waterpoort Boerevereniging, mnr. Willem Helm, sê groot skade is aangerig. Sommige boere het tot R100 000 skade gely.

Volgens mnr. Japie van der Goot, voorsitter van Bo-Brak Boerevereniging, is groot skade aan veral aartappeloeste aangerig. Volwasse plante is beskadig en moere wat geplant is sal ook nie verder groei nie. Na raming is 40% van die oes vernietig wat vir September vanjaar gekweek is.

Uit Buysdorp berig mnr. Simeon Buys dat ernstige skade aan sy tamatie-oes veroorsaak is.

Mnr. Dries Joubert, voorsitter van die TLU- Noord Streek, het lede van die publiek daaraan herinner dat boere geen vergoeding vir wind- en rypskade ontvang nie.

“Alle Suid-Afrikaners wat die strategiese belang van landbou begryp, behoort produsente te koester en te beskerm. Boere wat al die natuurrampe kan weerstaan en weer opstaan, is besonderse en merkwaardige mense, wat hul roeping met ‘n passie uitvoer en nie toelaat dat onvoorsiene en aanhoudende rampe hulle onderkry nie.”

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines