

ADVERTISEMENT:

News Date: 02 September 2017
‘n Man se pretrit het hom duur te staan gekom toe hy hierdie week vier jaar direkte gevangenisstraf opgelê is.
Die 41-jarige Ockert Johannes Scherman het Maandag in die Louis Trichardt Streekshof verskyn op ‘n klag van diefstal. Die klag teen Scherman hou verband met ‘n voorval in Januarie vanjaar, toe hy in diens was van mnr. Louis Nel wat in die Waterpoort-omgewing boer.
Nel het Scherman dorp toe gestuur met die plaas se bakkie. Twee dae later was Scherman egter nog nie terug op die plaas nie en die polisie se hulp is ingeroep. Agter op die bakkie was daar derduisende rande se plaasgereedskap en toerusting gewees.
Die bakkie is eers ‘n maand later deur die polisie in Sunnyside, Pretoria, teruggekry. Scherman het homself aan die polisie oorgegee in Witrivier, Nelspruit. Sy verduideliking was dat hy besluit het, onderweg dorp toe, om toe vir vriende in Witrivier te gaan kuier met die bakkie.
Scherman het Maandag skuld erken op die klag. Die hof het sy pleit aanvaar en hom gevonnis tot vier jaar direkte gevangenisstraf.
‘n Opgeskorte- of boetevonnis is nie oorweeg nie, omdat Scherman voor sy hofverskyning in Louis Trichardt skuldig gepleit in Witrivier op ‘n klag van diefstal van R40 000. Die Witrivier Landdroshof sal Scherman vonnis, sodra ‘n vooraf vonnisverslag opgestel is.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
