ADVERTISEMENT:

 

Venter weer in hof ná diefstalsaak

 

News  Date: 07 July 2006

 

‘n Vrou wat die voorwaardes van haar opgeskorte vonnis verontagsaam het, is dié week weer voor die hof gebring, nadat ‘n lasbrief vir haar arrestasie uitgereik moes word.

Laetitia Elizabeth Venter (57) het tussen September 2004 en Junie 2005 ‘n bedrag van net meer as R106 600 van haar werkgewer, Pennells Tanks op Makhado (Louis Trichardt), gesteel. Sy is op 18 Mei vanjaar in die plaaslike landdroshof skuldig bevind op 24 klagtes van diefstal. Venter is tot drie maande gevangenisstraf gevonnis op elke klag met ‘n totale vonnis van ses jaar. Die vonnis is egter vir ‘n periode van vyf jaar opgeskort, op voorwaarde dat sy haarself nie skuldig maak aan ‘n soortgelyke klag binne dié tydperk nie en dat sy die gesteelde geld in paaiemente van R10 000 per maand moet terugbetaal.

Die eerste paaiement was betaalbaar op 1 Julie. Venter het egter versuim om dit te doen. Die Staat het toe ‘n lasbrief vir haar arrestasie uitgereik op grond daarvan dat sy die voorwaardes van haar opgeskorte vonnis verbreek het. Venter is Dinsdag (4de) op die plaas Wag-‘n-Bietjie in die Vaalwater-distrik aangekeer en voor die landdroshof op Nylstroom gebring. Dit saak sal na die landdroshof op Makhado (Louis Trichardt) oorgeplaas word waar sy binne 14 dae weer moet verskyn.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines