ADVERTISEMENT:

 

Verdagte in "gifmoordsaak" weer in hof

 

News  Date: 07 July 2006

 

Die aangeklaagde in die opspraakwekkende Zwarts-gifmoordsaak van Musina, voormalige polisie-inspekteur Petrus Sinthumule, het Dinsdag weer hier in die hof op Makhado (Louis Trichardt) verskyn.

Die hofsitting het byna nie plaasgevind nie, aangesien die landdros wat Sinthumule moet verhoor, landdros Ronnie Rambau, hom van die saak moes onttrek omdat hy die aangeklaagde ken.

Daar is gepoog om die saak uit te stel, maar aangesien die Staat reeds kostes aangegaan het om twee deskundige getuies, Dr Muller (‘n professor in toksikologie aan die Universiteit van Stellenbosch) en Dr Roos (die algemene praktisyn wat kapt. Zwarts kort voor sy dood ondersoek het), vir die saak te laat kom, moes daar ‘n ander plan gemaak word.

Beheeraanklaer Reino Mostert kon daarin slaag om ‘n ander landdros, landdros Marie Viljoen, te reël. Sinthumule se verhoor het voortgegaan en die deskundiges se getuienis is aangehoor. Daar is onder meer gepraat oor die simptome wat Zwarts getoon het voor sy dood.

Die saak teen Sinthumule is weer uitgestel na 21 tot 23 Augustus vir verdere verhoor.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines