

ADVERTISEMENT:

News Date: 07 July 2006
‘n Vrou wie se gewete haar so gepla het oor haar stelery, het verlede week skuldig gepleit op ‘n klag van diefstal.
Die 47-jarige Theodora Cornelia van Rensburg het op Woensdag, 28 Junie, skuldig gepleit op ‘n klag van diefstal in die landdroshof op Makhado (Louis Trichardt).
Volgens hofdokumente het Van Rensburg tussen November en Desember 2005 ‘n bedrag van net meer as R16 800 van haar werkgewer, Orange Cash Loans, gesteel. In April vanjaar het sy teenoor haar werkgewers gebieg oor haar misdaad, nadat sy beweer haar gewete het haar te veel begin pla.
Nadat Van Rensburg verlede week skuldig gepleit het, het die hof ‘n voorvonnisverslag aangevra. Intussen is Van Rensburg se saak uitgestel na 26 Julie vir vonnisoplegging.

ADVERTISEMENT:
