ADVERTISEMENT:

 

Phillip Olivier. Foto verskaf.

Olivier ontduik steeds arrestasie

 

Die voormalige bestuurder van die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging (SBBV), Phillip Olivier, is steeds soek.

Dit volg nadat ‘n lasbrief vir sy arrestasie op 28 Augustus deur die Louis Trichardt Streekshof uitgereik is, nadat hy nie by die hof opgedaag het nie. Olivier moes weer in die hof verskyn, nadat hy glo versuim het om al die vermiste geld wat hy ooreenkom gekom het om terug te betaal aan die SBBV, terug te betaal.

Olivier is vroeër in die jaar aangekla ná die SBBV agtergekom het dat daar geld na bewering onregmatig uit die vereniging se rekening onttrek is. Olivier, wat direkte toegang tot die fondse gehad het, is as die skuldige uitgewys en aangekla van diefstal. 

Op 14 Junie het die SBBV en Olivier weer in die hof verskyn, waartydens hulle ‘n skikkingsooreenkoms aan die hof voorgelê het. Hiervolgens het Olivier onderneem om ‘n bedrag van R505 000 aan die SBBV terug te betaal. Dit het ingesluit die R200 000 wat in die trustrekening gehou is, wat binne sewe dae oorbetaal moes word en reeds terug ontvang is deur die SBBV.

Die oorblywende R305 000 moes binne 30 kalenderdae betaal word. Benewens dié skuld, moes Olivier ook R8 900 terugbetaal vir ‘n selfoonkontrak en R5 000 vir ‘n bonus wat uitbetaal is. Olivier is ook verantwoordelik gehou vir die regskoste van R30 714 en die ouditkoste van R15 714.

Indien Olivier uiteindelik nie by die skikkingsooreenkoms hou nie, sal hy dan weer in die hof teregstaan op die kriminele aanklagte teen hom.

Die Makhado Polisie het verlede weer bevestig dat hulle bewus is van die lasbrief wat uitgereik is teen Olivier. Die stasie se woordvoerder, konst. Irene Radzilane, het bevestig dat Olivier nog nie aangekeer is of homself kom oorgee het by die polisiestasie nie.

News - Date: 24 September 2017

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: