ADVERTISEMENT:

 

Deelnemers wat aan die skattejag deelgeneem het, het op 24 September (Erfenisdag) aflsagbewyse van Roman's Pizza in Louis Trichardt ontvang. “Baie geluk aan Heidi, Anje en Albert Swanepoel, Isabella en Robert Marais, Schalk en Eddie Senekal en Keegan Mocke,” het die plaaslike Erfeniskomitee gesê. Afgeneem is die pryswennertjies. Foto verskaf.

Erfeniskomitee sê skattejag het in doel geslaag

 

News  Date: 28 September 2017

 

Die skattejag-inisiatief was Louis Trichardt se Erfeniskomitee se eerste projek en het Sondag, tydens die Erfenisdagvieringe by die Lalapanzi Hotel, ten einde geloop.

“Die doel van die skattejag was bewusmaking van historiese skatte in ons dorp onder veral jongmense. Met hierdie projek wou ons ook hernude belangstelling en waardering in plaaslike geskiedenis onder ou en nuwe inwoners wek,” het die komitee gesê.

Verskeie kultuurhistoriese besienswaardighede wat in die dorp geleë is, is geïdentifiseer. Daarna moes komiteelede self navorsing doen en bronne raadpleeg vir inligting, waarna die historiese feite deur kundiges geverifieer is. “Die deeglikheid en ywer waarmee die komiteelede, by name Petria Senekal, Dodrie Corbett, Christa Breedt en Jeanne Swanepoel, aan hierdie 15-week projek gewerk het, is prysenswaardig en ‘n riem onder die hart. Te oordeel aan die ‘likes’ en foto’s op ons Facebook-blad het ons met hierdie pret-inisiatief in ons doel geslaag. Die publiek se meelewing en kommentaar is bemoedigend en verblydend,” het die komitee gesê.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines