

ADVERTISEMENT:

News Date: 14 July 2006
‘n Besigheidsvrou van Makhado (Louis Trichardt), Alicia Viljoen, is verlede Donderdagoggend helderoordag deur twee mans voor CNA in Songozwistraat gekaap.
Alicia vertel dat sy gereeld geld gaan bank vir die besigheid waar sy plaaslik werksaam is. Sy het eers na Spar oorkant die munisipale karavaanpark gery, waar sy deur ‘n onbekende swartman vir ‘n rygeleentheid gevra is.
“Ek het vir hom gesê ek gee nie rygeleenthede nie en het na CNA gery,” vertel Alica.
Daar aangekom, het Alica ‘n paar inkopies gedoen en teruggestap na haar voertuig toe. Haar sentrale sluitstelsel het al vier deur gelyk oopgesluit en met die inklimslag het twee swartmans, een voor en een agter, saam met haar ingeklim. Die een man was dieselfde een wat haar vir ‘n rygeleentheid by Spar gevra het.
“Hulle het gesê ons moet ry – eers in Kroghstraat af tot by Rissikstraat, waar ons opgedraai het in die rigting van Vivo,” sê Alica.
Vanuit Rissikstraat het die twee mans vir Alicia in ‘n oop erf laat stop. Daar het die een man haar handsak uitgegooi en deursoek, terwyl die ander man wat agter gesit het en gewapen was, uitgeklim het en probeer het om Alica se kantvenster met ‘n glasbottel uit te slaan.
“Ek het die venster afgedraai en hom gevra wat dink hy doen hy. Dit was toe dat hy my in die gesig geslaan het,” sê Alicia.
Alicia sê die ander verdagte het dadelik sy makker vermaan om haar nie te slaan nie. Hulle het kort daarna uitgespring en weggehardloop, sonder om iets te vat.
“Ek dink hulle het my dopgehou en gedink en gaan geld bank. Toe hulle sien daar is nie ‘n groot klomp geld nie, het hulle weggehardloop,” sê Alicia. Sy sê die mans was baie kalm en die een het Afrikaans met haar gepraat.
“Hulle was beslis nie Zimbabwiërs nie en dit wou voorkom asof hulle presies geweet het wat hulle doen,” sê Alicia.
Daar is na afloop van die voorval na die mans gesoek, maar teen druktyd is nog niemand in verband met die voorval aangekeer nie.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
