ADVERTISEMENT:

 

Inbreker in huis betrap

 

News  Date: 14 July 2006

 

‘n Inbreker het Dinsdag (11de) ‘n inwoner van ‘n huis in Rietbokstraat groot skrik op die lyf gejaag, nadat die inwoner die booswig op heterdaad betrap het.

Die dief het by die woning van Chris Tissink ingebreek, maar is op heterdaad deur Chris se 18-jarige seun, Martin, in die kombuis betrap het.

Die Tissinks sê hulle weet nie wie die grootste geskrik het nie, Martin of die inbreker. Martin het egter kop gehou en dadelik die paniekknoppie gaan druk.

Pa Chris het intussen van die voorval te hore gekom en dadelik vir dr. Phillip Venter van die Soutpansberg Dorpswag geskakel. Dr. Venter was blitsig op die toneel en het vir Martin gekry waar hy besig was om na die inbreker in die huis te soek. Chris sê hy waardeer dr. Venter se vinnige optrede, veral aangesien die polisie amper eers ‘n uur na die voorval by die huis opgedaag het.

Die vermoede bestaan dat die verdagte oor ‘n buitemuur geklim het en deur ‘n agterdeur toegang tot die huis verkry het, toevallig, sê Chris, op die dag wat hulle bediende op verlof gegaan het.

Die dief het egter nie rekenskap gehou dat Martin by die huis is nie. Dit is egter duidelik dat die dief deur die hele huis beweeg het, voordat Martin hom betrap het, aangesien amper al die kaste deursoek en omgekrap is. Al die items wat deur die dief bymekaar gemaak is, was klein en waardevol, waaronder juwele, ‘n selfoon en selfs die kinders se spaarvarkies. Die dief het egter so vinnig weggehardloop dat hy alles net daar gelos het.

Die verdagte, ‘n jongerige man, was geklee in ‘n swart leer baadjie en ‘n denim. Daar is na hom gesoek, maar sonder sukses.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines