ADVERTISEMENT:

 

N1-bergpas periodiek gesluit tot 2 November

 

News  Date: 14 July 2006

 

Die N1-bergpas tussen Makhado (Louis Trichardt) en Musina sal vanaf eerskomende Dinsdag tot Donderdag, 2 November, periodiek gesluit wees vir verkeer.

Die bergpas sal voortaan elke Dinsdag, Woensdag en Donderdag tussen 09:00 en 15:00 gesluit wees weens noodsaaklike dinamiet skietwerk wat gepaardgaan met die huidige veiligheidsopgradering van dié gedeelte van die N1. Die sluiting sal die kontrakteur instaat stel om te skiet en die gevolglike puin in die pas op te ruim.

Luidens ‘n kennisgewing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk (SAPAB) sal verkeer tydens hierdie skietwerk op die betrokke dae herlei moet word via die Witvlag en die Sibasa/Thohoyandou-pad. Dit is ‘n ompad van sowat 70km. Verkeer sal weer noord van Wyliespoort by die N1 aansluit.

In ‘n kennisgewing vra die SAPAB verskoning vir enige ongerief wat die periodieke sluiting van die pad kan veroorsaak. Motoriste se begrip, samewerking en geduld word versoek tydens die tydelike ontwrigting.

Meer besonderhede oor die padverlegging kan bekom word van SAPAB se kommunikasiebeampte, mnr. Raymond Rikhotso, by 082 379 0619.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines