ADVERTISEMENT:

 

Dam is nie 73% vol nie

 

News  Date: 14 July 2006

 

Boere wat van die Albasinidam se besproeiingswater gebruik maak, het amper gedink dit is tyd om fees te vier.

Die Albasinidam staan op 63.99% en hierdie keer verseker me. Margaret Matshili van Limpopo se Waterbronbestuurkantoor op Tzaneen dat dit definitief die regte syfer is. Verlede week is verkeerdelik berig dat die dam meer as 73% vol is, na verkeerde syfers deurgee is na Waterwese se kantoor. Sommige boere het dadelik die plaaslike amptenare by die dam geskakel en gevra wanneer hulle kwotas verhoog word.

“Die boere het gedink dis Kersfees! Maar ons gee aan die boere water soos wat die dam beskikbaar het en tans gee ons 30%,” het mev. Monk, wat die watersake by die Albasinidam hanteer, op 10 Julie gesê.

Die Albasini het darem vanaf 63.90% op 3 Julie na 63.99% op 10 Julie gestyg. Die metervlak het gestyg vanaf 16.03 na 16.04 meter. Die Tzaneenkantoor gee dit egter as ‘n daling aan.

Die Middel Letaba dam het wel effens gedaal na 41.18%. Die Vondodam het ook ‘n bietjie gesak en staan op 99.92%, waar dit verlede week nog vol was. Die Nandonidam is steeds 100% vol. Nog damme wat heeltemal vol is of ‘n syfer van effens bo 100 % het, is die Nzhelele-, Nwanedi- en Luphephedamme.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines