

ADVERTISEMENT:

News Date: 14 July 2006
Mnr. Dries Joubert, voorsitter van TLU SA Noord, het mnr. Gideon Meiring, gelukgewens met sy verkiesing as Nasionale Voorsitter van TLU SA se Veiligheidskomitee.
Joubert het gesê dit is ’n geweldige groot verantwoordelikheid wat nou voor mnr. Meiring se voete gelê word, maar hy is seker dat Meiring die werk met dieselfde ywer sal aanpak. Meiring is bekend vir die energieke en daadwerklike wyse waarop hy sy verantwoordelikheid aanvaar en sy pligte uitvoer.
Joubert het gesê die nasionale voorsitterskap van enige kommoditeit verg groot toewyding en dié verantwoordelikheid word buiten al die ander verantwoordelikhede, op hom geplaas. Veiligheid is nou op die voorgrond in Suid Afrika, veral in die lig van die groot aantal plaasaanvalle en plaasmoorde wat in ’n groot deel van Suid Afrika krisisafmetings aanneem.
“Toewyding is ’n kenmerk van Gideon en TLU SA het goed gedoen om hom vir die uiters belangrike pos te kies,” sê Joubert.

ADVERTISEMENT:
