

ADVERTISEMENT:

News Date: 21 July 2006
‘n Fratsongeluk waarin die 48-jarige mnr. David Marx grusaam dood is, het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur.
Mnr. Marx is Vrydag, 14 Julie, omstreeks 23:45 deur ‘n insleepvoertuig teen ‘n muur vasgedruk, waar hy beswyk het.
Marx, wat by ‘n insleepdiens werksaam is, is dié betrokke aand uitgeroep. Die insleepvoertuig was geparkeer in die erf by sy woning in Celliersstraat. Hy het na buite gegaan en die voertuig aangeskakel, waarna hy die hek wou gaan oopmaak om uit te ry. Die voertuig het vorentoe begin beweeg.
Mev. Marx het uit die huis gehardloop en geskreeu, maar die voertuig het haar man saamgesleep tot onder ‘n afdak, waar hy teen die muur vasgedruk is. Hy is vermoedelik op slag dood. Dit het gelyk of die oorledene se nek gebreek was.
Die erg-geskokte familie het gesê dat die voertuig die oorledene so styf teen die muur vasgepen het dat ‘n man se vuis nie eers tussen die voertuig en die muur kon inkom nie. Nooddienste het eers teen 04:30 daarin geslaag om mnr. Marx se liggaam te bevry.
Wyle mnr. David Marx laat sy eggenote, Marietjie, en sy agtienjarige seun, Nardus, agter. Hy word op Vrydag, 21 Julie, om 11:00 vanuit die Ou Apostoliese Kerk van Afrika in Kroghstraat begrawe.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
