ADVERTISEMENT:

 

Geen borg vir verdagtes in Isofo-roof

 

News  Date: 21 July 2006

 

Emmanuel Rmujiki (21), Solly Maluleke (30) en Phillip Legoda (21), wat gearresteer is na die gewapende roof by Isofo op Makhado (Louis Trichardt) op Woensdag, 12 Julie, is tydens hul tweede verskyning in die hof borgtog geweier.

Die drie verdagtes wou tydens hul eerste verskyning in die plaaslike landdroshof op 14 Julie ‘n borgaansoek bring, maar hul saak is uitgestel tot Dinsdag, 18 Julie.

Die Staat het Dinsdag hul aansoek met sukses teenggestaan, nadat die hof besluit het dat dit nie in die reg se belang sal wees om Rmujiki, Maluleke en Legoda op borg vry te laat nie. Hul saak is weer uitgestel na ‘n latere datum in die landdroshof, waartydens die saak oorgeplaas sal word na die streekhof vir beslissing. Dit het intussen aan die lig gekom dat een van die vuurwapens wat tydens die rooftog gebruik is, in Polokwane gesteel is.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines