ADVERTISEMENT:

 

Leo Botha, wat binnekort drie jaar oud sal wees. Hy en ma Cherese wil graag geld insamel om vir van sy mede-kankerlyertjies, wie se ouers finansieel bietjie swaar trek, uit te help met 'n voedingsaanvulling. Foto verskaf.

Ma wil graag ander kinders ook help

 

Leo Botha van Louis Trichardt, wat steeds veg om sy kanker te oorwin, word binnekort drie jaar oud.

Klein Leo is verlede jaar met akute limfoblastiese leukemie gediagnoseer toe hy maar net 14 maande oud was. Sedertdien ontvang Leo behandeling in die Unitas Hospitaal, waar hy en ma Cherese gereeld te doen kry met ander kankerlyertjies. Baie van dié jong pasiëntjies se ouers trek swaar en het dit nie breed elke maand nie.

Daarom het Leo se ouers dit goedgedink om ‘n fondsinsamelingsprojek te reël, sodat hulle ander kankerlyertjies kan help met sorgpakkies (care packages). ‘n Belangrike komponent van hierdie sorgpakkies is ‘n tipe aanvullingsmelk wat spesifiek help dat kankerlyertjies nie te veel gewig verloor tydens chemoterapie nie. “Die kanker, tesame met die chemo, breek hulle klein liggaampies vreeslik af, met uiterse gewigsverlies,” het Cherese verduidelik. “Leo is geseën dat ons die aanvullingsmelkies vir hom kan kry, maar daar is ander kinders wat dit nie kan bekostig nie, en daarmee wil ons help met hierdie projek,” het Cherese gesê.

Hierdie projek word in die vorm van ‘n gelukkige trekking gehou, danksy ‘n anonieme weldoener wat ‘n skenking gemaak het van bokke om uit te loot. Die eerste prys sluit in twee koedoekoeie, die tweede prys een koedoekoei en die derde prys een rooibok. Al dié bokke sal gelewer word as karkasse. Die gelukkige trekking vind plaas op Donderdag, 30 November.

Vir meer inligting oor die projek, skakel Cherese by tel. 082 818 2315.

News - Date: 20 October 2017

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: