ADVERTISEMENT:

 

Wyle Pieter Terblanche (69). Foto verskaf.

Pieter Terblanche verloor kankerstryd

 

News  Date: 26 October 2017

 

Die welbekende mnr. Pieter Terblanche van Louis Trichardt het op 17 Oktober, in die ouderdom van 69 jaar, sy stryd teen kanker verloor.

Pieter het in 1966 aan Hoërskool Louis Trichardt gematrikuleer. Hy word oorleef deur sy eggenote, Ria, skoondogter Landé, en kleinkinders Tammy, Ryan en Mia, asook sy twee broers, Kobus en Rikus, en susters Ina en Susan. Pieter en Ria se enigste kind, Riaan, is in 2004 in ‘n motorongeluk oorlede.

“Die familie wil hiermee ‘n spesiale woord van waardering rig aan dokters Gaigher en Badenhorst, asook die personeel van die Zoutpansberg Privaathospitaal vir die mooi manier waarop hulle met soveel toewyding en respek vir wyle Pieter behandel het. Ook aan die gemeenskap van Louis Trichardt ons opregte dank vir al die boodskappe, woorde van vertroosting asook besoeke. Laastens ‘n baie groot dankie aan KANSA wat gehelp het om van die kostes te dra vir die kanker,” het die familie gesê.

Wyle Pieter is Saterdag, 21 Oktober, in Polokwane begrawe.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines