

ADVERTISEMENT:

News Date: 28 July 2006
Die 34-jarige Charles Maluleke is op Vrydag, 21 Julie, in die Soutpansberg Landdroshof tot 12 maande gevangenisstraf gevonnis, nadat hy skuldig bevind is op twee klagte van bedrog.
Maluleke was eers werksaam by Ackermans. Hy is uit hul diens ontslaan, nadat hy uitgevang is dat hy inkopies op kliënte se rekeninge gedoen het as hulle hul koopkaarte in die winkel vergeet het.
Nadat hy by Ackermans weg is, het hy by Edgars begin werk. Dit was egter nie lank nie of hy het dieselfde streke daar begin uithaal. Maluleke is uiteindelik verlede jaar uitgevang.
Maluleke se 12 maande gevangenisstraf volg nadat hy in 2002 ‘n R300 boete betaal het op klagte van winkeldiefstal.

ADVERTISEMENT:
