ADVERTISEMENT:

 

De Jager kry erelidmaatskap van Russiese Nasionale Landbou-unie

 

News  Date: 02 November 2017

 

‘n Dienende bestuurslid van Agri Limpopo, dr. Theo de Jager, het op 18 Oktober geskiedenis gemaak toe hy erelidmaatskap van die Russiese Nasionale Landbou-unie (AKKOP) in Moskou, Rusland, ontvang het.

Dieselfde eer het hom net meer as ‘n jaar gelede tebeurt geval toe die CFU van Zimbabwe ook aan hom erelidmaatskap toegeken het.

“Sover bekend, is dr. De Jager die eerste en enigste landbouleier aan wie hierdie dubbele eer al toegeval het. Die jongste eer volg kort nadat hy in Junie 2017 in Helsinki as president van die Wêreld Landbou Organisasie verkies is, wat opsigself ‘n groot prestasie vir enige landbouleier is,” het Agri Limpopo in ‘n persverklaring gesê.

Volgens die president van Agri Limpopo, mnr. Leon Borcherds, behoort elke landbouer in Suid Afrika trots te wees op  dr. De Jager.  “Agri Limpopo se bestuur en lede wens dr. De Jager hartlik geluk met hierdie blyk van waardering wat deur die Russiese landbou-unie aan hom toegeken is by wyse van erelid-maatskap. Ons is trots op die prestasies wat hierdie landbouer uit Georges Valley in Limpopo die een na die ander inryg. Dit is ‘n voorreg om hom as bestuurslid te hê. Theo voeg waarde toe oral waar hy betrokke is – daarvan kan ons in Limpopo getuig,” het Borcherds gesê.

By navraag van Agri Limpopo blyk dit dat die Russe besluit het om dr. De Jager te vereer vir die deurslaggewende rol wat hy gespeel het in onderhandelinge oor internasionale handel tussen Rusland en die res van die wêreld. 

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines