ADVERTISEMENT:

 

Eshu Tech Computers in Songozwistraat is twee keer getref. Foto verskaf.

Sekuriteitswag in kop gewond

 

News  Date: 04 November 2017

 

‘n Sekuriteitswag van Louis Trichardt, mnr. Deon Geyer, is in die kop gewond na ‘n skietgeveg met vier rowers.

Volgens provinsiale polisiewoordvoerder lt-kol. Moatshe Ngoepe is dié skietgeveg voorafgegaan deur ‘n inbraak by die Choppies Supermark waar vier rowers ‘n kluis opgeblaas het. Ngoepe het gesê die rowers kon daarin slaag om op die vlug te slaan met ‘n onbekende bedrag geld en sigarette wat hulle gesteel het.

Geyer, wat  werk vir die sekuriteitsmaatskappy van sy broer Fanie (Big5 Security) in Louis Trichardt, was glo op die toneel om ondersoek in te stel nadat die winkel se alarm afgegaan het. Dit was omstreeks 23:00 op Dinsdag, 31 Oktober.

Nog voor Deon behoorlik uit sy voertuig kon klim, het die rowers op hom losgebrand. Hy is in die kop gewond en moes na die Tzaneen MediKliniek vervoer word vir ‘n noodoperasie.

Inwoners wat in die nabye omgewing woon vertel dat dit soos ‘n mini-oorlog geklink het. Drie winkels aan die oorkant van die straat is getref, waarvan Eshu Tech Computers twee keer getref is. “Dit moes erg gewees het; die een koeël is regdeur ons veiligheidsglas en als,” het eienaar mev. Yvonne Enslin Jolly Woensdag aan die koerant gesê.

Fanie het Woensdagmiddag bevestig dat dit beter gaan met sy broer, en dat hy later ‘n meer volledige verklaring sal maak.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines