ADVERTISEMENT:

 

Vrou wat van haar werkgewer steel gevonnis

 

News  Date: 04 August 2006

 

Theodora Cornelia van Rensburg, die vrou wat erken het sy het geld gesteel van haar werkgewer, is op Woensdag, 26 Julie in die landdroshof op Makhado (Louis Trichardt) gevonnis.

Van Rensburg het skuldig gepleit op klagte dat sy ‘n bedrag van R16 861 van haar werkgewer, Orange Cash Loans, gesteel het oor ‘n periode van twee maande. In antwoord hierop het die hof Van Rensburg gevonnis is tot een jaar korrektiewe toesig. Sy sal vir die volle duur van die vonnis onder huisares wees. Sy is ook gelas om 192 uur gemeenskapsdiens te verrig en moet haarself onderwerp aan ‘n behandelingsprogram vir konflik- en probleemhantering asook stresverligting. Van Rensburg sal verder ook die gesteelde bedrag aan haar voormalige werkgewer moet terug betaal in maandelikse paaiemente van R800.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines