ADVERTISEMENT:

 

Regering moet vinnig grensbeheer toepas

 

News  Date: 16 November 2017

 

TLU SA Noord het met kommer kennis geneem van die oënskynlike politieke onstabiliteit in Zimbabwe en die gerugte van ‘n moontlike staatsgreep.

“Die geskiedenis het reeds getoon dat waar daar so ’n onstabiele situasie ontstaan, talle inwoners die land wil verlaat in ’n poging om moontlike lewensverlies te voorkom. Dit kan dus ook nou gebeur, wat daartoe kan lei dat nog meer onwettige immigrante die grens kan oorsteek en hulle in die Limpopo provinsie bevind,” het TLU SA Noord se streekvoorsitter, mnr. Henk van de Graaf, Woensdag in ‘n persverklaring gesê.

Volgens Van de Graaf moet noodmaatreëls onmiddellik in plek gesit word, gesien in die lig van die reeds onveilige toestande op die platteland, en die feit dat ook die polisie saamstem dat onwettige immigrante dikwels by misdaad en plaasaanvalle betrokke is. “In hierdie verband doen ons ‘n beroep op die provinsiale regering van Limpopo om toe te sien dat grensbeheer onmiddellik en sodanig verskerp word dat geen vlugtelingstroom iewers kan deurkom nie. Ook die polisie word ernstig versoek om, desnoods met weermag ondersteuning, te sorg dat die grens ondeurdringbaar word,” het Van de Graaf gesê. Hy het ook namens TLU SA ‘n beroep gedoen op boere en ander werkgewers om hulle plekke ekstra te beveilig, en geensins enige moontlike vlugtelinge te huisves of in diens te neem nie.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines