ADVERTISEMENT:

 

Drie jaar tronkstraf oor gesteelde koelboks

 

News  Date: 24 November 2017

 

‘n Zimbabwiese man is hierdie week drie jaar tronk toe gestuur, nadat hy in besit gevind is van ‘n gesteelde koelboks.

Die 20-jarige James Marashwa van Zimbabwe is Maandag swaar gestraf in die Louis Trichardt Streekhof, waar hy skuldig bevind is op ‘n klag van die besit van gesteelde goedere.

Marashwa is op 15 Oktober 2016 gearresteer, nadat die gesteelde koelboks (wat gebuit is tydens 'n inbraak by die Bam-gesin se huis op die plaas Elandspruit naby Elim) in sy besit gevind is. Die gesin het die oggend vroeg wakker geword en kort daarna besef dat iemand deur die loop van die aand by hulle ingebreek het. Huisraad ter waarde van ongeveer R19 500 is gesteel.

Marashwa is aangekeer nadat plaaswerkers die inbrekers se spore vanaf die huis begin volg het. Een van die plaaswerkers, Elvis Mabasa, het vir die Staat hieroor getuig. Mabasa het aan die hof gesê dat die spore maklik was om te volg, want die grond was nog klam van die reën. Hy het verder gesê dat hulle drie mans gesien het, maar dat twee weggehardloop het nadat hulle iets op die grond neergegooi het. Dit sou later aan die lig kom dat dit van die goedere was wat gesteel is by die Bams.

Mabasa het gesê hy en ‘n medewerker kon daarin slaag om Marashwa te vang. Volgens Mabasa het Marashwa die koelboks in sy hande gehad.

Die hof het Marashwa skuldig bevind en hom drie jaar direkte gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete opgelê.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines