ADVERTISEMENT:

 

"Daar is 'n probleem met die meterlesers"

 

News  Date: 10 September 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Die Makhado Munisipaliteit se Direkteur van Korporatiewe Dienste, mnr. Peter Magwala, het Woensdag gesê dat daar wel probleme geïdentifiseer is ten opsigte van die Raad se meterlesers.

Dit volg na talle inwoners verlede maand en selfs die maand voor dit buitensporige hoë munisipale rekenings ontvang het as gevolg van “foute” met die lees van hul meters. In een geval het ‘n pensioenaris van die dorp en sy vrou ‘n munisipale rekening van digby die R22 000 ontvang vir residensiële water- en elektrisiteitsverbruik. Na aanleiding hiervan het mnr. Magwala gesê dat hulle die klagtes sal ondersoek.

Mnr. Magwala sê dat hul ondersoek verskeie probleme ten opsigte van meterlesings uitgelig het. Hy sê dat daar wel gevalle was waar die meterlesers verkeerde lesings geneem het, maar dat dié probleme uitgesorteer word. Daarbenewens het hul ondersoek ook gewys dat sommige inwoners se meterlesings verkeerd is, omdat daar met die meters gepeuter is. Laasgenoemde hou veral verband met mense wat onwettige konneksies maak.

Mnr. Magwala sê dat hulle ‘n vergadering belê het met die Raad se meterlesers om die probleme en klagtes uit te lig en te bespreek. Hy sê egter dat die meterlesers deurlopend opleiding ondergaan. Hy het bygevoeg dat die Raad se Elektrisiteitsafdeling aangesê is om alle meters te gaan inspekteer om uit te vind wie met hul meters peuter.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines