ADVERTISEMENT:

 

Shanice Fourie(13), Graad 8-leerder van Hoërskool Louis Trichardt, is op Donderdag, 3 Augustus, beseer in ‘n ongeluk by Pretoria 1 Militêre Hospitaal toe die hospitaal se plafon bo-op haar ineengestort het.

Dogter beseer tydens besoek aan 1 Militêre Hospitaal

 

News  Date: 11 August 2006

 

‘n Fratsongeluk by 1 Militêre Hospitaal in Pretoria kon so byna-byna erger gevolge gehad het vir ‘n leerder van Hoërskool Louis Trichardt, wat ‘n nekbesering opgedoen het toe die hospitaal se plafon bo-op haar ineengestort het.

Shanice Fourie (13) het op Donderdag, 3 Augustus, saam met haar moeder, mev. Anise Fourie, by die tandheelkundige afdeling van die hospitaal ingestap. Haar moeder was sowat ‘n tree voor haar.

“Skielik het ek ‘n geruis soos klippies wat val gehoor en die volgende oomblik val die plafon uitmekaar en bo-op my,” het Shanice Maandag gesê. Met die val van die plafonpanele het sy vorentoe na haar ma toe gespring. Die tweede paneel wat geval het, het haar op die kop en agter haar nek getref. Daar het ook nog swart sakke met wat lyk na isoleringsmateriaal, deurgeval.

Dit was omstreeks 12:20.

“Ek het weer in ongevalle tot verhaal gekom,” sê Shanice, wat aan ligte harsingskudding gely het. Daar is X-strale van haar kop en nek geneem, asook ‘n breinskandering. Laasgenoemde het gelukkig geen probleme getoon nie. Shanice, wat nog pyn verduur, is dieselfde dag ontslaan, maar moes Vrydag eers tuis rus.

Mev. Fourie sê dat as Shanice drie sekondes later daar gestap het, kon daar ernstige gevolge gewees het. Vir beide ma en dogter was dit ‘n traumatiese ondervinding dat plafonpanele net so onverwags ineen kan stort.

Die voorval word deur die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens (SAMGD) ondersoek. Teen druktyd kon daar nog nie vasgestel word of die ondersoek al van die grond af gekom het nie.

Luidens mediaberiggewing het ‘n jaarverslag van 2002 gemeld dat die hospitaal in so ‘n staat van bouvalligheid was weens finansiële tekorte dat dit ‘n “risiko vir pasiënte” sou begin raak. Volgens onlangse beriggewing is groot dele van die hospitaal sedertdien verbeter.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines