ADVERTISEMENT:

 

Roofsaak van byna 'n dekade oud weer voor hof

 

News  Date: 11 August 2006

 

‘n Ou rooftogsaak, wat in April 1997 voorgekom het, is weer geopen vir verdere ondersoek.

Gewapende rowers het destyds ‘n gepantserde voertuig naby Matoks ingewag en op dit losgebrand met aanvalsgewere. Die voertuig het in die veld tot ‘n stilstand gekom en ‘n bedrag van sowat R4 miljoen is gesteel. Die rowers is egter kort na die voorval stuk-stuk aangekeer en het destyds in die hof verskyn op die gewapende roof saak.

Die saak het egter stil-stil verdwyn, maar is vandeesweek weer geopen vir verdere ondersoek. Die 10 destydse verdagtes was Sunnyboy Tshabalala (35), Bongani Nhlapo (33), Mandla Radebe (34), Themba Nkomo (19), Lucky Mapinda (30), Solomon Ngubane (34), Edward Ratshitanga (46), Engease Mahada (35), Jerry Maphiswane (26) en Robert Msibi (33).

Al die verdagtes, behalwe Nkomo en Maphiswane, wat oorlede is, het op 7 Augustus in die landdroshof op Makhado (Louis Trichardt) verskyn vir die gewapende roof en twee van die verdagtes, Radebe en Ngubane, is in aanhouding waar hulle reeds lewenslange vonnisse uitdien vir ander rooftogte. Die saak is na Vrydag, 25 Augustus, uitgestel, sodat die agt beskuldigdes regsverteenwoordiging kan bekom.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines