

ADVERTISEMENT:

News Date: 11 August 2006
Die drie verdagtes wat aangekeer is na die mislukte gewapende roof op die Marcos-egpaar vroeër vanjaar is borg toegestaan.
Adam Masidwali (34), David Mabada (35) en Frans Netshiombori (26) is borgtog van R2 000 toegestaan op 4 Augustus, nadat hulle appél aangeteken het teen die hof of Makhado (Louis Trichardt) se beslissing dat hulle borgtog geweier word op 9 Mei. Die Soutpansberg Landdroshof het die mans weens die ernstigheid van die misdryf borg geweier. Die drie verdagtes se appél is in die Hooggeregshof in Pretoria aangehoor.

ADVERTISEMENT:
