ADVERTISEMENT:

 

Wyle Johan Oelofse, saam met sy vriendin, Miempie du Toit. Foto verskaf.

Oelofse-moordverdagtes weer in hof

 

News  Date: 30 November 2017

 

Daar is nog min vordering gemaak in die saak waar twee beskuldigdes teregstaan op die moord van mnr. Johan Oelofse twee jaar gelede.

Oelofse is op 25 September 2015 doodgeskiet, tydens ‘n skietgeveg met ‘n groep onbekende aanvallers by sy vriendin, me. Miempie du Toit, se huis op ‘n kleinhoewe op die Vondeling-pad buite Louis Trichardt.

Destyds het dié barbaarse voorval skokgolwe deur die gemeenskap gestuur. ‘n Groep aanvallers het uit die bloute losgebrand op die huis en ná die aanval op die vlug geslaan. Hulle het Miempie se huis flenters geskiet. Oelofse het teruggeskiet op die aanvallers in 'n poging om Miempie en haar kinders te beskerm. Hy is noodlottig gewond. Die aanvallers het nie die huis binnegegaan nie en niks is gesteel nie.  

Sigtless Maxwell Sitole en Courage Tapara, albei 24, staan tans tereg op ‘n klag van die moord op Oelofse in die Thohoyandou Hooggeregshof. Hulle het verlede Woensdag, 22 November, vlugtig in die hof verskyn.

Die twee se verhoor kon egter nie begin nie, omdat die mans se prokureur homself van die saak onttrek het.

Sithole en Tapara se saak is uitgestel tot en met 28 Mei volgende jaar om hulle die kans te gun om ‘n nuwe prokureur aan te stel of aansoek te doen vir regshulp. Hulle sal tot dan in aanhouding bly.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines