

ADVERTISEMENT:

News Date: 18 August 2006
‘n Buitengewone prestasie is deur ‘n bekende plaaslike boer en sakeman behaal.
Een van die hoogste moontlike toekennings vir melkprodusente, die Melkprodusente Organisasie (MPO) se toekenning as Suiwelboer van die Jaar, is verower deur die bekende plaaslike boer en sakeman, mnr. Joubert Fourie, van Limpopo Melkery.
Dié gesogte toekenning is gemaak tydens ‘n plegtigheid wat verlede Woensdag by Mabula Lodge by Bela-Bela (Warmbad) plaasgevind het. Die toekenning behels ‘n trofee, ‘n wisseltrofee, ‘n geborgde naweek in Natal en ‘n oorsese reis.
Die MPO-Noord se jaarlikse toekenning word gegrond op ‘n strawwe siftingsproses van die genomineerdes uit die altesaam 1 200 melkboere in die betrokke streek. In die beoordelingsproses, wat gedurende Julie vanjaar afgehandel is, word onder meer kennis geneem van die nasionale melkaantekening syfers oor ‘n tydperk van vyf weke. Daaruit word ‘n kortlys van die beste presteerders saamgestel, wat dan deur ‘n paneel van agt beoordelaars op die plaas besoek word. Dié beoordeling word gedoen in vyf kategorieë. Dit sluit in voeding, teling, kuddegesondheid, finansies en algemene indrukke.
Mnr. Fourie het vandeesweek in ‘n onderhoud dank uitgespreek vir die aandeel van sy personeel in die prestasie.
“Dit gaan oor ons as ‘n span,” het hy gesê toe hy na die toekenning uitgevra is.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
