ADVERTISEMENT:

 

Jan van Rooyen, plaaslike slangkenner en -vanger, met 'n swart mamba wat hy gevang het. Foto verskaf.

Wat maak jy as slang-se-kind jou huis besoek?

 

Wat gemaak as slang-se-kind by jou huis kom inloer?

Die warmer weer laat nie net die kraaie gaap hier in Louis Trichardt nie, maar dwing ook al hoe meer slange om koelte te gaan soek - dikwels in onwelkome plekke.

Vir sommige inwoners is hierdie besoekers egter uit die bose en net die gedagte dat ‘n slang hulle huis moet binneseil, vervul hulle met vrees. Die realiteit is egter dat die oorgrote meerderheid slangspesies relatief onskadelik is.

Volgens mnr. Jan “Slang” van Rooyen, plaaslike slangkenner en -vanger, is dit steeds skokkend hoe min inwoners van die verskillende slangspesies weet. Hy sê hy is al moeg gesukkel om mense te oortuig om nie slange dadelik dood te maak as hulle hul teëkom nie. Slange is nie van die bose nie, maar tog sê Jan, is daar baie mense wat so groot skrik dat hulle eerste gedagte is om die slang dood te maak.

Jan vra dat inwoners hulself moet vergewis van die verskille tussen ‘n giftige en nie-giftige slang. “Slange sal nie sommer mense aanval en pik nie,” het Jan gesê.

Plaaslike is daar ‘n WhatsApp-groep op die been gebring waar inwoners raad kan vra van Jan en ander slangkenners in die area. Op hierdie groep kan mense ook hulp vra om slange te verwyder. “Hou die slange dop en kyk waar hulle beweeg, sodat die slangvanger nie later daar moet aankom en die slang nog eers moet soek nie,” het Jan gevra.

Wat mense ook kan doen is om hul erwe skoon en netjies aan die buitekant te hou, sodat daar min wegkruipplek is vir slange. Verwyder boumateriaal, hope rotse en komposhope waar kos in die vorm van paddas, muise en rotte gelok word en waar slange kan skuil. Visdammetjies lok ook paddas wat weer slange lok.

Jan kan geskakel word by tel. 081 796 1380 of 079 852 5213 vir meer inligting of om ingeskakel te word op die groepie. Ander kenners wat mense ook kan skakel is Frikkie Venter by 082 058 7601 of Dela Rey Steyn by 061 186 8611.

News - Date: 08 December 2017

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: