

ADVERTISEMENT:

News Date: 18 August 2006
Hartversaking het die lewe geëis van ‘n 33-jarige lugvaarttegnikus van 2 Eskader van die Lugmagbasis Makhado.
‘n Groot semi-militêre begrafnis vir Gysbert Johannes Erasmus, alombekend as Rassie, het op Vrydag, 4 Augustus, vanuit Emmanuel Christenskool plaasgevind.
Rassie is op 29 Julie oorlede, nadat hy die afgelope drie jaar aan en af gesondheidsprobleme ondervind het en die afgelope drie maande tuis sou aansterk. Hy sou op 5 Desember vanjaar 34 geword het.
Rassie was sestien jaar aan die lugmag verbonde en volgens sy eggenote, Yolandi, baie lief vir vliegtuie, jag en visvang.
“Hy was altyd ‘n baie spontane mens en ‘n wonderlike man en pa. Ons kon altyd na hom opsien vir raad en bystand,” sê Yolandi.
Buiten sy eggenote laat Rassie Erasmus ook ‘n vyfjarige dogtertjie, Quinette, en vierjarige seuntjie, De Wet, agter.
Yolandi bedank die Lugmagbasis vir al hul ondersteuning, Bergwater Hotel vir die huisvesting van familie wat van ver af gekom het en al die familielede en vriende vir hul bystand en onderskraging.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
