

ADVERTISEMENT:

Plaaslike polisielede voor Standard Bank in Louis Trichardt. Die bank en omliggende besighede is vir 'n kort wyle ontruim terwyl die polisie na die verdagtes gesoek het.
News Date: 14 December 2017
‘n Inbraak Woensdagoggend by die Standard Bank-tak in Louis Trichardt het vir groot konsternasie gesorg, soveel so dat die personeel en omliggende besigheidspersele inderhaas deur die Makhado Polisie ontruim is.
Volgens plaaslike polisiewoordvoerder konst. Irene Radzilane is die bank ontruim terwyl die polisie gesoek het na die verdagtes. Daar is glo vermoed dat van die inbrekers nog in die dak geskuil het. Die personeel van die bank het onraad vermoed toe hulle bemerk het dat die dak lek en ondersoek gaan instel het.
Daar is toe agtergekom dat verdagte(s) ‘n gat in die dak gemaak het en by die bank ingebreek het deur die loop van die vorige aand. Die verdagtes, het Radzilane gesê, het niks by die bank gesteel nie.
“Die saak word nog ondersoek, en dit is nog nie duidelik hoeveel verdagtes betrokke was by die inbraak nie,” het Radzilane Woensdag, kort ná die voorval, gesê.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
