ADVERTISEMENT:

 

'n Ongelisensieerde vuurwapen is ook deur die polisie afgeneem van die verdagtes vir verdere ondersoek. Foto: Limpopo SAPD Kommunikasiekantoor.

Drie verdagtes moontlik verantwoordelik vir huisbrake

 

Die Makhado Polisie het vandeesweek die hoop uitgespreek dat hulle moontlik drie mees gesoekte verdagtes aangekeer het.

Volgens die polisie is hulle besig met hul ondersoek om te probeer vasstel of die drie mans moontlik verbind kan word met die onlangse huisroof op ‘n gesin van Louis Trichardt wat in Jasmynstraat woon. 

Die koerant het verlede week berig oor Jandré van Jaarsveldt (25), sy ma Hesta Boshoff (50) en ouma Erna Prinsloo (77) wat op 6 Desember in hul huis deur drie gewapende rowers oorrompel en vir ure aangehou is. Tydens die roof het die rowers met kontant, huisware, vuurwapens en juweliersware ontsnap.

Buiten vir dié aanval, het die polisie gesê, word die moontlikheid ondersoek of die drie gearresteerde verdagtes verbind kan word met die onlangse kleiner huisbrake in en om Louis Trichardt.

Plaaslike polisiewoordvoerder konst. Irene Radzilane het Dinsdag gesê die drie verdagtes is verlede Vrydag in die sentrale sakegebied van die dorp gearresteer, tydens ‘n voorafbeplande teen-misdaadoperasie.

Volgens Radzilane het die polisie beslag gelê op ‘n ongelisensieerde 9mm pistool, drie selfone en ‘n mes wat vermoedelik gesteelde goedere mag wees. Al drie die verdagtes, Eric Munyai (42) van Tshakhuma, Calvin Thulani Mona (34) en Bethel Maluleke (32), wat albei van Mosambiek afkomstig is, het Maandag in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn op klagte wat verband hou met die onwettige besit van ‘n vuurwapen en nog ‘n aanklag van die besit van goedere wat vermoedelik gesteel is. Hulle is nie gevra om ‘n borgaansoek te bring nie en hulle saak is uitgestel tot 12 Januarie volgende jaar om die polisie kans te gee om hul ondersoek af te handel.

News - Date: 24 December 2017

Recent Articles

Search for a story:

 

Drie selfone en 'n mes wat deur die Makhado SAPD gekonfiskeer is tydens die arrestasie van drie verdagte huisrowers. Foto: Limpopo SAPD Kommunikasiekantoor.

 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: