

ADVERTISEMENT:

News Date: 25 August 2006
‘n Bekende in plaaslike sakegeledere het dié week vir in tweede keer in die hof op Makhado (Louis Trichardt) verskyn op klagte van kindermolestering.
Die man het op Dinsdag, 22 Augustus, in die hof verskyn en sy saak is uitgestel na 20 September. Hy het nog nie gepleit nie.
Die afgelope week het baie lesers gevra waarom die Zoutpansberger nie die man identifiseer nie, aangesien hy reeds in die hof verskyn het. Net soos daar wetgewing is wat landsburgers se optrede reguleer, is daar ook wetgewing wat die media (koerantbedryf) reguleer.
In meeste gevalle kan ‘n persoon in die pers geïdentifiseer word na sy of haar eerste verskyning in die hof. Wat seksuele misdrywe betref, is die wetgewing egter anders. Dié wetgewing bepaal dat waar ‘n persoon in die hof verskyn op klagte van ‘n seksuele misdryf, hy of sy slegs geïdentifiseer kan word nadat die beskuldigde gepleit het. Dit het nog nie gebeur nie.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
