

ADVERTISEMENT:

News Date: 25 August 2006
Die polisieman wat daarvan aangekla is dat hy verantwoordelik was vir die moord op ‘n kollega, Insp. Mias Zwarts van Musina, is Dinsdag in die Streekshof op Makhado (Louis Trichardt) onskuldig bevind.
Die Staat het insp. Petrus Sinthumule, ‘n destydse kollega van Insp. Zwarts, vrygespreek op die moordklag teen hom. Die saak teen hom spruit uit ‘n bewering van ‘n mede kerkganger dat Insp. Sinthumule aan hom sou erken het dat eersgenoemde insp, Zwarts vermoor het. Die hofsaak het egter duidelik gewys dat daar glad nie genoegsame bewyse is om voort te gaan met die saak teen Insp. Sinthumule nie.
Insp. Mias Zwarts, wat gereken was as een van die provinsie se belowendste polisiespeurders, is in 1997 oorlede. Sy eggenoot het volgehou dat haar man vermoor is. In 1999 is sy oorskot opgegrawe. Toetse het later duidelik getoon dat dodelike sianied anioon in sy oorskot teenwoordig was. Intussen bly insp. Zwarts se dood steeds ‘n raaisel.

ADVERTISEMENT:
