ADVERTISEMENT:

 

Ondersoek volg na 16-jarige se skietdood

 

News  Date: 25 August 2006

 

Die polisie op Makhado (Louis Trichardt) het Maandag ‘n geregtelike doodsondersoek geloods na die skietdood van ‘n 16-jarige meisie by haar ouers se woning in Munnikstraat.

Die meisie, ‘n leerling van Hoërskool Louis Trichardt, is deur haar ma dood aangetref in haar slaapkamer. Sy het beswyk vanweë ‘n kopwond. Haar pa se pistool is langs haar gevind.

Buiten vir die geregtelik doodsondersoek het die polisie ook ‘n saak geopen van die nalatige hantering van ‘n vuurwapen teen die pa. Dié dossier is egter na die Direkteur van Openbare Vervolging gestuur vir beslissing of die Staat die pa gaan vervolg.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines