ADVERTISEMENT:

 

Die afgelope naweek het die Makhado Polisie hul daarop toegespits om oortreders, wat hulle self oorgee aan dagga, vas te trek. Sogenaamde daggaplantasies is ook ontdek en vernietig. Foto verskaf.

Dagga is nog steeds onwettig

 

Die afgelope naweek het die Makhado Polisie hul daarop toegespits om oortreders, wat hulself oorgee aan dagga, vas te trek.

Altesaam ses verdagtes het Maandag in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn op aanklagte wat verband hou met die onwettige besit van dagga.

Vyf van hierdie verdagtes het skuld erken op die klagte wat teen hulle gebring is. Thapelo Moyo en Elias Machete (54) is onderskeidelik betrap met 3 gram en 4 gram dagga by twee verskillende shebeens oor die naweek. Elkeen het ‘n skulderkenningsboete van R200 betaal.

Nog twee mans, Talent Moyo (23) en Mathavhane Matodzi (37), is ook oor die naweek by die Hanglip Taverne gevang met onderskeidelik 6g en 2g dagga. Hulle het skuldig gepleit en is gevonnis tot ‘n maand gevangenisstraf of ‘n boete van R1 000.

Die vyfde beskuldigde, Alpeheus Samuel Mulaudzi-Matumba (33) is in Tshikota gevang deur die Makhado Polisie met 26.2 g dagga in sy besit. Hy het ook skuldig gepleit en as straf ‘n boete van R1 500 of twee maande tronkstraf ontvang.

Nog ‘n beskuldigde, Sophy Mpfumadi (48), het ook Maandag vlugtig in die hof verskyn op ‘n aanklag van die onwettige kweek van dagga. Sy word daarvan beskuldig dat sy dagga gekweek het in haar tuin by haar huis in Tshikota. Die Makhado Polisie het verlede Vrydag (12de) toegeslaan op haar huis en 41.79 kg se dagga uitgetrek om te vernietig.

Daar was nie borg vasgestel vir Mpfumadi nie. Sy is gewaarsku om op 31 Januarie weer in die hof te verskyn, waarna haar verhoor na verwagting sal begin.

Die Makhado Polisie het intussen weereens klem daarop gelê dat, ten spyte van die uiteenlopende opinies oor die moontlike wettigmaking van dagga, dit nog steeds ‘n kriminele oortreding is om met dagga in jou besit gevang te word.

News - Date: 18 January 2018

Recent Articles

Search for a story:

 

Dagga word dikwels versteek tussen ander gewasse. Hierdie versteekde daggabome is verlede week deur die plaaslike polisie in die Waterval-omgewing ontdek. Foto verskaf.

 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: