ADVERTISEMENT:

 

Totale brandverbod vir streek

 

News  Date: 10 September 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Boere en grondeienaars word daaraan herinner dat daar vanaf 1 Augustus tot einde November ‘n algehele brandverbod in die streek van krag sal wees.

Boere en grondeienaars moet seker maak dat hul brandbane en brandbestrydingstoerusting in orde is, veral gesien in die lig van die Wet op Veld- en Bosbrande. Volgens hierdie wetgewing kan grondeienaars aanspreeklik gehou word vir skade wat deur ‘n brand aangerig word. Die wet verplig grondeienaars om hul brandbane en toerusting in orde te kry.

Volgens ‘n plaaslike brandbestrydings-beampte, mnr. Andro Fourie, sal die brandverbod van krag wees tot verdere kennisgewing óf totdat meer as 50mm reën in die distrik gemeet word.

Vir meer inligting, skakel mnr. Fourie by tel. (015) 516 4694.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines