ADVERTISEMENT:

 

Die 9-jarige René van Niekerk wat gediagnoseer is met 'n Vlak 7 tipe malaria en vir 'n week behandeling in die hospitaal moes ontvang. Foto verskaf.

Toets liewers vir malaria voor dit te laat is

 

Die streek se inwoners moet waak teen malaria, veral inwoners met jong kinders.

Dit is die waarskuwing van die negejarige René van Niekerk se ma, Lillian. René is verlede Woensdag (10de) ontslaan uit die plaaslike hospitaal, nadat sy vir amper ‘n week opgeneem was met ‘n Vlak 7 geklassifiseerde tipe malaria.

“Ouers moet meer attent wees op die simptome, en liewers dadelik toets vir malaria,” het Lillian gewaarsku. “Ons as gesin wil graag hê die ouers in Louis Trichardt moet ag slaan op die probleem ... glo my dit is nie lekker om magteloos toe te kyk terwyl jou kind siek in die hospitaal lê nie ... ons het eers gedink René is verkouerig ... ouers moet eerder oorversigtig wees en dadelik ‘n toets laat doen,” was Lillian se boodskap.

Lees ook:  Toename in gevalle van malaria kommerwekkend

Malaria kan behandel word, mits dit vroeg gediagnoseer word. Dit is egter moeilik, omdat malaria- en verkouesimptome (naarheid, braking, kouekoors en sweet, moegheid, spierpyne en hoofpyn) baie met mekaar ooreenstem.

So wat kan ouers doen om nie net hulle kinders nie, maar ook hulleself te beskerm teen malaria?

Die Nasionale Departement van Gesondheid beveel die volgende aan:

Indien jy bewus is dat jy jouself in die voorsienbare toekoms in ‘n verklaarde malariagebied gaan bevind is dit noodsaaklik om teen-malaria medikasie te neem vóór die tyd. Jou geneesheer of apteker sal ‘n aanbeveling kan maak van die regte medisyne.

Trek saans langmouklere aan; al is dit makliker gesê as gedaan in die warm somermaande. Die muskiet is kort voor sonsondergang en voor sonop op haar gevaarlikste.

As jy wel in ‘n malaria-area is slaap saans onder ‘n muskietnet en los ‘n waaier of lugversorger aan. Muskiete vermy gewoonlik koel temperature.

Kamp eerder in die winter as die somer; en dan liefs nie in areas, soos naby stilstaande water of riviere, waar muskiete voorkom nie.

Jy kan nooit genoeg muskietweermiddels aansmeer of spuit nie. Meeste van dié middels verloor na vier uur hul effektiwiteit.

 

Lees ook:  Malaria trek Soutpansberger langs die kus plat

News - Date: 20 January 2018

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: