

ADVERTISEMENT:

Wyle Dorothy Joubert (55). Foto verskaf.
News Date: 23 February 2018
Die Soutpansberg het hierdie week met hartseer verneem van die dood van die 55-jarige Dorothy Joubert.
Joubert was jare lank ‘n joernalis by die Zoutpansberger tot met die draai van die eeu, en het daarna ook vryskutwerk gedoen vir die destydse Vhembe Herald. Baie sal haar onthou vir haar gemaklike skryfstyl en die kleurvolle manier waarop sy die Soutpansberg se mense se persoonlikhede op papier kon vaslê. Sy was die afgelope paar jaar woonagtig in Pretoria waar sy haar besig gehou het met vryskut skryfwerk. Uit haar pen het ook twee novelles gevloei. In Junie 2013 het sy die gruwelnovelle Cannibal Man gepubliseer en in Desember van daardie selfde jaar het haar boek Death and Innocence op die boekrakke verskyn, wat handel oor muti moorde. Beide boeke het sy onder die naam Dorothy Knight geskryf.
“Dit was vir ons ‘n groot skok om te hoor sy is oorlede,” het dogter Caroline Woensdag aan die Zoutpansberger gesê. Sy het vertel dat haar ma op Valentynsdag begin siek voel het, waarna haar seun Gregory haar hospitaal toe geneem het. Hier is sy op ‘n drip geplaas, en kort daarna is sy ontslaan.
Joubert het egter teen verlede Donderdag steeds baie sleg gevoel en Gregory het haar teruggeneem hospitaal toe, waarna sy opgeneem is. “Ek het twintig oor vyf Vrydagoggend nog met haar gepraat om te hoor hoe gaan dit. Ek het nog vir haar gesê: ‘Ma, ons praat later weer’ … sowat drie ure later het hulle my laat weet sy is oorlede,” het ‘n hartseer Caroline gesê. Joubert is oorlede vanweë ‘n bloedklont deur die longe.
Caroline het gesê ‘n roudiens vind Donderdag (22ste) vir haar ma in Pretoria plaas. “Sy gaan veras word, waarna ons haar as in die Soutpansberg sal strooi,” het Caroline gesê.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
