ADVERTISEMENT:

 

Dit was vir muti, maar polisie sê dit was net gewone moord

 

News  Date: 15 September 2006

 

Die nadoodse ondersoek op die lyk van die man, mnr. John Phosa (55), wat in die dam in Rissikstraat gevind is twee weke gelede, het bevestig dat hy die teiken was van ‘n grusame muti moord.

Ten spyte hiervan hou die polisie egter vol dat die betrokke moord niks met muti te doen het nie en dat dit net ‘n gewone moordsaak is.

Die nadoodse ondersoek is deur dr. B. L. Bhootra, ‘n hoof forensiese patoloog in Polokwane, gedoen. Hy meen daar is wel tekens dat dit ‘n muti moord was.

Dieselfde dag van die nadoodse ondersoek is daar ‘n gedenkdiens vir mnr. Phosa gehou. Tydens die verrigtinge het begrafnisgangers toegesak op die wonings van twee persone wat hulle reken is hoof verdagtes in die saak. Die beweerde verdagtes se huise is met klippe toegetakel.

Met die aankoms van die polisie op die toneel het die skare uitmekaar gegaan. Die polisie kon nie bepaal wie vir die skade aan die huise verantwoordelik was nie en het klaarblyklik mense links en regs gearresteer.

In totaal is 77 mense deur die polisie aangekeer. Teen druktyd was daar baie spekulasie oor moontlike arrestasies in verband met die moord self, maar daar kon nie bevestig word of enige iemand wel al gearresteer is nie.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines