

ADVERTISEMENT:

News Date: 01 March 2018
Die tyd is besig om vinnig uit te hardloop vir spanne en individue wat nog wil inskryf vir vanjaar se CANSA Relay For Life in Louis Trichardt op 16 Maart.
Met mnr. Dirk Meissenheimer wat as voorsitter van die Relay-komitee uitgetree het, sal me. Heila Oosthuizen voortaan die kontakpersoon vir Louis Trichardt wees. Sy kan geskakel word by tel. 082 525 3452 vir enige navrae rondom die opkomende Relay.
Koeldrank- en kosstalletjies is reeds al vir die aand gereël, en tans is Heila-hulle besig om die “Survivors” te nooi. Survivors is ook welkom om Heila te skakel, sodat almal se name op die lys geplaas kan word.
Intussen word inwoners uitgenooi om CANSA se Shavathon-stalletjies eerskomende Saterdag, 3 Maart, in die dorp te ondersteun. “Mense wat omgee kan hul ondersteuning kom wys deur hulle hare te sprei. Ons gaan ook inskrywingsvorms beskikbaar hê by die stalletjie vir die komende CANSA Relay For Life,” het CANSA se divisie koördineerder in Limpopo, me. Riana Bronkhorst, gesê.
Bronkhorst het die publiek vriendelik versoek op deel te wees van vanjaar se CANSA Relay For Life in Louis Trichardt. Inskrywing is R500 per span of R50 per individu. “Almal is welkom. Kom loop gerus ‘n paar rondtes saam ter ere of herdenking van ‘n kanker oorlewende (Survivor),” het Riana gesê.
Belangstellendes kan vir Heila by bogenoemde nommer skakel of Christopher Combrink by 072 681 1949 of Riana by 082 663 5719.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
