

ADVERTISEMENT:

News Date: 15 September 2006
“Ons sê net dankie vir elke dag wat ons so ‘n mooi roos by ons kon hê,” sê die familielede van wyle mev. Wenda (Wendy) van der Merwe. Sy is op 6 September in die ouderdom van 60 jaar oorlede.
Die familielede sê in ‘n finale dankbetuiging sy was ‘n anker en ‘n steunpilaar vir wie niks ooit te veel moeite was nie.
“Ons sal jou nooit vergeet nie. Ons as familie se harte is stukkend, maar ons berus by God se wil en ons weet dat Hy altyd ‘n groter plan het.”
Die familie het ook opregte dank betuig vir die Soutpansberg Kliniek en sy personeel, vir dr. Gaiger en vir ds. Willem Boshof vir sy gevoelvolle boodskap tydens die begrafnisdiens, vir Jan Brink van AVBOB, die vroue van die NG Kerk vir die verversings en ook vir Sanet Badenhorst, Diana van Zyl en Lien van den Berg vir hul bydrae.
Almal wat geskakel het, besoeke of blomme gebring en bystand verleen het, word ook van harte bedank.
Die familielede het ook ‘n algemene boodskap gerig: “Sien die mooiste in almal om jou, want die tyd op aarde is min. Ons wil almal eendag saam met ons geliefdes in die hemel feesvier.”
Wyle mev. Van der Merwe is Saterdag, 9 September, vanuit die NG Kerk Louis Trichardt-gemeente begrawe.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
