

ADVERTISEMENT:

Die twee hoësorg kamers in Ons Tuiste se siekeboeg het ook nuwe baadjies gekry in die vorm van ‘n nuwe laag verf en ‘n meer moderne afwerking.
News Date: 03 March 2018
Ná bykans sewe maande van aktief geld insamel as deel van hul Ontrimpel Okkasie, het Ons Tuiste Ouetehuis op Dinsdag, 27 Februarie, dankie gesê aan almal wat ‘n bydrae gelewer het tot die opknapping van die tehuis in Louis Trichardt.
As deel van die Ontrimpel Okkasie projek het die tehuis genoeg geld ingesamel om hulle sitkamer van die dak tot die vloer oor te doen. Dit het ingesluit ‘n nuwe laag verf, gordyne en nuwe kussings vir al die banke. Ook die eetsaal het ‘n nuwe laag verf gekry, met aandag wat ook geskenk is aan die tafels, onder andere nuwe plekmatjies. Die voorstoep en ingangsportaal is ook opgeknap en uitgeverf en in die siekeboeg is die families se onthaalarea uitgeverf en bietjie meer modern gemaak. Die twee hoësorg kamers is ook uitgeverf en opgeknap. “Ek het voor die tyd opgemerk ek wil nie graag daar doodgaan nie. Iemand het toe nou die dag toe ons klaar is gesê sy hoop sy kan daar doodgaan,” het mnr. Ben Harris, ‘n lid van die komitee verantwoordelik vir die opknappingswerk, tydens Dinsdag se “dankie-sê tee” opgemerk.
Ds. Jan Pretorius, lid van die tehuis se beheerraad, het tydens die geleentheid almal, nie net die inwoners nie maar ook die donateurs, bedank vir hul harde werk en die ywer waarmee hulle die projek aangepak het. “Dankie vir u bydrae, want sonder u bydrae kon ons dit nie doen nie. Ons Tuiste is regtig ‘n sieraad in die gemeenskap van Louis Trichardt,” het Pretorius gesê.
Ons Tuiste bied vir die dorp en streek se senior burgers op drie terreine ‘n blyplek. Daar is woonstelle, ‘n mediumsorgeenheid en ‘n siekeboeg waar verswakte bejaardes versorg word.
Tans is daar 76 inwoners in Ons Tuiste. In die deel vir verswaktes is daar 30 inwoners en dit kos vir hulle R4 780 per maand om daar versorg te word. In dié deel is daar vier-bed sale, twee-bed sale en ook enkelkamers. Daar is ook twee hoësorg kamers vir noodgevalle. Een van hierdie kamers, as dit nie beset word nie, word tans ook beskikbaar gestel vir persone van buite teen ‘n tarief van R500 per dag. Dit is vir iemand wat ‘n operasie ondergaan het en moet herstel, soos by ‘n “step-down” kliniek.
Die mediumsorgeenheid in Gang 2 het 24 enkelkamers en dit kos R3 860 per maand om daar te bly. Dan is daar 18 woonstelle wat R4 150 kos. Egpare wat ‘n woonstel deel kry uit die aard van die saak ook korting. Op die oomblik is daar 22 inwoners wat in die woonstelle bly. “As ons dit gaan vergelyk met die ander ouetehuise of tehuise vir bejaardes aan die Rand, dan wissel hulle tussen R12 000 en R18 000 ‘n maand. Die duurste hier by ons is R4 780 ‘n maand in die siekeboeg. Dit is net moontlik deur ‘n gemeenskap wat saamstaan en hard werk, en aksies van die inwoners self om hierdie geld bymekaar te maak. Ons kry ‘n bydrae van die Staat wat ons ook help, maar dit gaan spesifiek oor fondsinsameling en bydraes van kinders wat dit vir ons moontlik maak om hierdie losies so laag te hou,” het Pretorius gesê.
Wat die Ontrimpel Okkasie projek betref, het die tehuis hul opregte dank uitgespreek teenoor die volgende donateurs vir hulle bydraes: Elsie Furstenburg, Eldine Peli, Zoutpansberg Privaathospitaal, Cecile Steyn, Jean Henning, Wulf Schwerdtfeger, Henk Vermaak, Brink Schlesinger, Hannetjie Steyn, Japie van der Goot, Emmanuel Skool, Gert, Fransie en Amanda Smit, Witte en Ronel Beetge, Vancrete, Weldon’s Apteek, Du Toit’s Apteek, Da Silva Apteek, Marius Brönn Apteek, Werda Motors, Neels Jacobs, Danie en Janet Cronjé, PSG, Jomien Meiring, Herman en Amanda Jansen van Rensburg, Blouberg Dierekliniek, Pieter en Rina de Jager, Trio Pompe, Franna Knoetze, Mega Paints, Rotary Louis Trichardt, House of Interiors, Wim en Petro Botha, Tiekie Prinsloo, Hettie Roets, Vonitel, Leach Printers, die Zoutpansberger en die beheerraad van Ons Tuiste.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
