

ADVERTISEMENT:

'n Besorgde leser het dié foto's ingestuur van twee voertuie wat Dinsdag met pap wiele gaan staan het weens die haglike toestand en slaggate op die Elim-pad. Foto verskaf.
News Date: 08 March 2018
Februarie se goeie reën het ongelukkig, soos te verwagte, ‘n negatiewe effek op plaaslike paaie gehad.
Verlede week het die Zoutpansberger berig oor een van die streek se swakste paaie, die Pad-van-die-Dood, oftewel die R522 tussen Louis Trichardt en Vivo. Hierdie pad is reeds jare lank berug vir sy haglike toestand.
‘n Pad wat deesdae net so vinnig soos die R522 agteruitgaan, is die Elim-pad (R578) van Louis Trichardt af. ‘n Leser het vandeesweek foto’s gestuur van die massiewe slaggate in dié pad.
“Die slaggate op hierdie pad is belaglik. Elke keer as ek verby hierdie spesifieke slaggate ry, is daar een of twee motors wat gebreek het. Dit is eintlik baie gevaarlik,” het die leser gesê.
Die toestand van al twee paaie is onder die aandag gebring van die Limpopo Padagentskap.
Teen druktyd is daar nog gewag op ‘n antwoord van die padagentskap.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
