ADVERTISEMENT:

 

Nou die tyd om moontlike besware aan te teken

 

Inwoners word versoek om vroegtydig ‘n draai te maak by die Makhado Munisipaliteit om insette te lewer ten opsigte van die nuwe voorgestelde waardasierol vir 2018 tot 2023.

Dit is amper moeilik om te glo, maar vier jaar het reeds verstryk sedert die implimentering van die uiter kontroversiële 2014 tot 2018 waardasierol. Hierdie rol het behoorlik ‘n herrie ontketen, met ‘n algemene gevoel dat die waardasies deur die munisipale waardeerder niks anders as ‘n duimsuiery was nie. In baie gevalle is eiendomme ver bo markverwante pryse gewaardeer, terwyl ander ver onder markverwante pryse gewaardeer is. Daar was hewige teenkanting van inwoners teen die nuwe rol, soveel so dat beide die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging en die burgerregte groep AfriForum tot die stryd toegetree het.

Die Makhado Munisipaliteit het hierdie week aangekondig dat die algemene waardasierol vir die finansiële jare 1 Julie 2018 tot 30 Junie 2023 beskikbaar is vir openbare inspeksie by kamer CO27 in die Burgersentrum in Kroghstraat (Louis Trichardt) weeksdae tussen 08:00 en 13:00 en vanaf 14:00 tot 16:00. “Die algemene waardasierol kan ook inspekteer word by die streeksadministrateur se munisipale kantoor in Vuwani, Waterval en Dzanani, of kan ook besigtig word op www.makhado.gov.za vir die tydperk 19 Maart 2018 tot 4 Mei 2018,” het die munisipaliteit gesê.

Die openbare inspeksieperiode word volgens wet voorgeskryf om aan grondeienaars of ander persone wat sou belangstel die kans te gee om beswaar aan te teken teen hul waardasie. So ook kan persone wat uitgelaat is uit die waardasierol beswaar aanteken.

Beswaarvorms is ook verkrygbaar by kantoor C027, asook die genoemde streekkantore. Dit kan ook by bogenoemde webbladadres afgelaai word. Besware kan by die genoemde kantore ingehandig word.

News - Date: 10 March 2018

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: