

ADVERTISEMENT:

News Date: 22 September 2006
Robert Douglas Baker (44) het Woensdag, 13 September, in die landdroshof op Makhado (Louis Trichardt) verskyn op klagte dat hy ‘n mnr. Gordon Spence aangerand het.
Baker word daarvan beskuldig dat hy vir mnr. Spence aangerand het en na bewering gepoog het om hom dood te maak. Die aanranding het op Donderdag, 31 Augustus, op die plaas Devil’s Gully naby die Hendrik Verwoerd Tonnels plaasgevind.
Baker se saak is uitgestel na Vrydag, 22 September vir verdere verhoor.

ADVERTISEMENT:
