

ADVERTISEMENT:

News Date: 22 September 2006
Mbakwe Njoku (34), ‘n Nigeriese man, het op Woensdag, 13 September, in die landdroshof op Makhado (Louis Trichardt) verskyn op ‘n aanklag van die besit van dagga.
Njoku is van die betrokke misdryf aangekla nadat lede van die polisie sy voertuig by ‘n padblokkade op Maandag, 11 September, deursoek het. ‘n Totaal van 1, 421kg dagga is binne die voertuig gevind is.
Njoku is gearresteer en aangekla. Tydens sy eerste verskyning in die hof is sy saak tot 14 September uitgestel sodat hy sy paspoort kon inhandig om vir borg aansoek te doen. Borg van R1 000 is aan Njoku toegestaan en sy saak is uitgestel na Dinsdag, 10 Oktober, vir verhoor.

ADVERTISEMENT:
